Vermy informele aanlyn transaksies – Nampol

Plaaslike reaksie word ontvang op ‘n waarskuwing van die Kaapse polisie wat aanlynverkopers maan om waaksaam te wees met kliënte op sosiale media. Dit volg nadat ʼn verdagte aangekeer is in verband met ʼn aanlynverkoper wat na Browns Farm in Philippi gelok en beroof is. Drie ander verdagtes wat betrokke was is steeds op vrye voet. Adjudant-offisier Silas Shipandeni, sê plaaslik is die groter uitdaging mense wat aanlyn vir goedere betaal wat nie bestaan nie. Hy raai lede van die publiek aan om hulle te weerhou van informele aanlynverkope en -aankope.