Veghonde is nie probleem nie, hul eienaars is

Amerikaanse veghonde is uitstekende kinderoppassers en kleuters is veilig rondom die honderas. Dit is volgens Suid-Afrikaanse eienaars van die honde en hul ondersteuners. Mbasa Nyegane is onder 38 mense wat ‘n “Moenie Pitbulls as Troeteldiere Verbied nie” aanlyn-petisie onderteken het nadat ‘n onlangse vlaag aanvalle, insluitend ‘n aantal sterftes, die ras weer in die kollig geplaas het. Die oproep tot aksie, wat deur Lee-Ann van Staden begin is, het die week op change.org verskyn. Van Staden sê veghonde is nie die probleem nie, hulle eienaars is. Dit kom nadat die Sizwe Kupelo-stigting op 7 Oktober sy eie petisie geloods het waarin ’n beroep op die regering gedoen is om ’n algehele verbod op die honde in te stel. Volgens Nyengane is volbloed Amerikaanse veghonde nie skuldig aan aanvalle nie maar gekruisde honde was soos veghonde lyk. Hy sê hulle word deur sogenaamde agterplaastelers geteel. Die honde is bekend as kinderoppasserhonde wat baie beskermend is teenoor kinders en veral babas.