Kaapse boere se moordverhoor uitgestel

Twee boere van die Paarl in die Boland moet weer op 23 November in die Wes-Kaapse Hooggeregshof verskyn. John Woest en JT Basson het na bewering op vrugteverkopers geskiet wat in November verlede jaar volgens die twee onwettig langs die N1 vrugte verkoop het. Chatwell Rogers is noodlottig in die rug beseer toe hy weggehardeloop het. Woest en Basson het hulle aan die owerhede oorgegee en gesê hulle het uit selfverdediging opgetree ná grootskaalse diefstal op hulle plase.