Vermiste duikboot – Indonesië vra vir hulp

Indonesië het Singapoer en Australië se hulp gevra om ‘n vermiste duikboot met 53 mense aan boord op te spoor. Die militêre hoof, Hadi Tjahjanto, sê die laaste kontak met die Duits-vervaardigde duikboot was vroeg gisteroggend plaaslike tyd. Die duikboot was besig met torpedo-oefeninge in die waters noord van die eiland Bali, maar het nie die resultate op die afgespreekte tyd oorgedra nie. Australië en Singapoer se departemente van verdediging het nog geen kommentaar gelewer oor die versoek om bystand nie.