Vermiste branderryer se plank met bytmerke gevind

Die Nasionale Seereddings-instituut in Suid-Afrika sê hy het haai-bytmerke gekry op die verlate lyfplank van ‘n 38-jarige man wat sedert gister in die Oos-Kaap vermis word, maar kan nie in dié vroeë stadium ‘n haai-aanval bevestig nie. Woordvoerder Craig Lambinon sê die NSRI, die polisie se honde-soek-en-reddingseenheid en ‘n duikspan van die polisie soek na die man. Hy het ‘n beroep gedoen op enigiemand wat gisteroggend op Chinsta-strand naby Buffalo City was om na vore te kom: