Ever Given moet N$13 miljard betaal

Egiptiese owerhede het beslag gelê op die reuse-vragskip wat die Suez-kanaal verlede maand byna ‘n week lank versper het. Dit volg te midde van ‘n geskil oor finansiële skade. Die Egiptiese nuusdiens, Al Ahram, berig dat ‘n plaaslike hof die vaartuig se Japannese eienaar opdrag gegee het om meer as 13 miljard Namibiese doller aan skadevergoeding te betaal vir verliese wat gely is weens die Ever Green se blokkering van see-verkeer. Die skip is tydens ‘n ingewikkelde proses vlot gemaak en word tans in Egipte herstel en vir seewaardigheid getoets. ‘n Bemanning van 25 Indiese burgers bly aan boord.