Vermeende verkragter verskyn weer einde van die maand

Die verhoor van die beweerde verkragter, Glenn Clifford Leister, sal op 29 Oktober in die Swakopmund-streekshof voortduur ná ‘n beslissing van die aanklaer-generaal. Die 27-jarige Leister het weer voor landdros Nelao Brown in die Swakopmund-landdroshof verskyn. Hy word daarvan beskuldig dat hy ‘n 15-jarige meisie wat in Covid-isolasie in die Swakopmund-munisipale rushuise was, in September 2020 verkrag het. Leister bly in aanhouding tot sy volgende verskyning.