Solidariteit, AfriForum sal Toerismehulpfonds hof toe sleep as dit moet

Solidariteit én AfriForum in Suid-Afrika sê hulle is gereed om die uitspraak dat die departement van toerisme se hulpfonds onwettig is, in die Konstitusionele Hof te verdedig. Die departement het onderneem om die uitspraak deur die Appèlhof in Bloemfontein te beveg. Die regering het ‘n Toerismehulpfonds tot stand gebring met ‘n riglyg dat die swart ekonomiese bemagtigingstatus van aansoekers die maatstaf moet wees om vir befondsing in aanmerking te kom. Anton van der Bijl van Solidariteit sê dit is duidelik dat die staat vasbeslote is om sy rasse-agenda ten alle koste na te volg.