Vermeende sluipmoordenaar van oud-premier van Japan psigiatries evalueer

Die vermeende sluipmoordenaar van die voormalige eerste minister van Japan, Shinzo Abe sal tot later vanjaar psigiatriese evaluering ondergaan. Die werklose 41-jarige, Tetsuya Yamagami, is deur die polisie uitgewys as die verdagte wat Abe op 8 Julie by ʼn veldtog-toespraak op ʼn straathoek genader en met ʼn tuisgemaakte pistool op hom losgebrand het. Volgens nuusberigte in Japan sal die evaluering tot einde November duur en dit sal bepaal of Yamagami vir die skietery aangekla word.