Eskom sê die ligte is die hele naweek aan

Eskom het beurtkrag vir die naweek opgeskort. Die kragvoorsiener glo die opwekkingstelsel het genoegsaam herstel. Die publiek word egter gewaarsku dat die stelsel steeds onder druk bly en kragonderbrekings kan op kort kennisgewing geïmplementeer word. Verbruikers word daarom aangeraai om voort te gaan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik. Die nutsdiens het ook die publiek en alle belanghebbendes bedank vir hul geduld en begrip die afgelope weke.