Protea-vroue hoop op eerste oorwinning in Engeland

Krieket: Die Protea-vroue hoop op hul eerste oorwinning op hulle toer in Engeland. Die tuisspan het die eenmalige toets en daarna die eendagreeks gewen, en loop 1-0 voor in die T20-reeks. Suid-Afrika kry vandag weer ‘n kans in die tweede kragmeting in Worcester. Die Protea-kolwer Laura Wolvaardt sê ‘n positiewe ingesteldheid is nodig.