Vermeende rower doodgeskiet deur huiseienaar

‘n Vermeende rower is doodgeskiet in Katutura. Volgens die Namibiese polisie het die rower by die huis in die vroeë oggendure vandag ingebreek en die huis-eienaar se twee dogters in die sitkamer aangetref. Hy het hulle probeer beroof en die pa, wat in die kamer geslaap het, het die moles gehoor en waarskuwingskote afgevuur. Die rower het hom blykbaar bestorm en hy is toe doodgeskiet. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga, woordvoerder van die mag, het meer.