Kommer oor voëlgriep in Kaapse pikkewyne

Die bestuur van die Tafelberg Nasionale Park in die Wes-Kaap het bevestig voëlgriep is by die pikkewynkolonie van die Boulders in Simonstad waargeneem. Hulle meld in ‘n verklaring vier gevalle is waargeneem met nog sewe gevalle wat vermoed word. Hulle bevestig ook dis dieselfde variant wat vroeër vanjaar in seevoëls in die Wes-Kaap waargeneem is. Besoekers word gemaan om op aangewese promenades te bly en om enige geval aan te meld waar voëlgriep vermoed word.