Dalk tyd om die twakkie, doppie te los?

Inflasie vir alkoholiese drankies en tabak dra 12,6 persent by in die verbruikersmandjie. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê in Augustus het pryse vir die produkte met 5,2 persent gestyg teenoor 2,9 persent wat in Augustus 2021 aangeteken is. Alkoholiese drankies het die meeste bygedra tot die styging maar daar is eintlik ‘n daling teenoor die syfer wat in Julie op amper 6 persent gestaan het. Tabakprodukte het 4,5 persent gestyg teenoor 8,7 persent in Augustus verlede jaar maar alkoholiese drankies het 5,4 persent duurder geword teenoor 1,7 persent verlede jaar.