Vermeende onwettige mynwerkers verskyn in Orkney-hof

Altesaam 35 vermeende onwettige mynwerkers het in die landdroshof in Orkney, Noordwes, verskyn op aanklagte van onwettige mynbou, poging tot moord, die onwettige besit van verbode vuurwapens en ammunisie, die onwettige besit van goud, diefstal en sameswering om ‘n misdryf te pleeg. Henry Mamothame van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die saak is tot 8 November uitgestel.