Passasierskepe kom kuier dalk binnekort ook by Walvisbaaise hawe

Met die toerismesektor wat stadig maar seker besig is om te herstel, en buitelandse toeriste wat weer besprekings maak, wou Kosmos 94.1 Nuus by NamPort weet of passasierskepe ook al op pad is na die Walvisbaaise hawe. Die Mediterranean Cruise Company het aangekondig hy gaan reeds in Desember al toeriste na Suid-Afrika neem. Die maatskappy is die wêreld se grootse passasierskip-vloot in privaat besit. Die passasierskepe sal in die komende seisoen in Durban en Kaapstad vasmeer. Elias Mwenyo van uitvoerende kommersiële dienste by Namport, sê hulle is in kontak met passasierskepe, maar Covid-protokol moet vir passasiers gevolg word.