Vermeende NamRA-dief sal volgende week vir borg vra

Die voormalige werknemer van NamRA op Rundu, wat daarvan aangekla word dat hy 3 miljoen Namibiese dollar van die agentskap gesteel het, sal weer op 25 Oktober in die hof verskyn om aansoek te doen vir borg. Die 42-jarige Anton Illarius het volgens owerhede, belastingbetalers uit die stelsel verwyder, veral die wat die regering miljoene dollars aan belasting geskuld het, in ruil vir geld. Die polisie beweer dit het tussen 2010 en 2017 plaasgevind. Illarius is reeds ‘n geruime tyd ondersoek.