Duiker is geskors na Cossasa-chaos

Die komitee van die Namibiese Skolesport Unie het sy nasionale koördineerder en Cossasa president Solly Duiker met onmiddellike effek geskors. Dit kom na die chaos van die afgelope Cossasa-spele in Suid-Afrika. Spanne het by die verkeerde stadion aangekom. Daar was ook kwessies met die vervoer na die buurland met verskeie vertragings sowel as akkommodasie. Berigte lui dat die spele die regering 1,4 miljoen dollar uit die sak gejaag het. Die saak word ondersoek.