SAOG se verkiesingskommissies vergader

Die Verkiesingskommissie van Namibië in samewerking met die Verkiesingskommissie-forum van SAOG-lande sal op 25 Oktober hul 24ste algemene jaarlikse konferensie van die Verkiesingskommissie-forum van SAOG-lande in Swakopmund aanbied. Hierdie jaar sal alle Verkiesingskommissies in die streek, senior amptenare van Namibië, sowel as verkiesingskenners van streeks- en internasionale organisasies die konferensie bywoon. Lina Ndengu, woordvoerder van die Verkiesingskommissie gesels met Kosmos 94.1 Nuus.