Vermeende moordenaar erken hy het Japanse oud-premier geteiken

Die vermeende moordenaar van die gewese Japanse premier, Shinzo Abe, het erken hy het die politikus geteiken en sê hy koester ‘n wrok teen ‘n organisasie waarmee Abe glo bande gehad het. Senior polisie-offisiere in die westerse streek Nara, waar die moord plaasgevind het, het die verdagte identifiseer as ‘n 41-jarige werklose man, Tetsuya Yamagami. Die polisie sê hy het ‘n tuisgemaakte vuurwapen gebruik. Die polisie wou nie besonderhede oor die organisasie gee nie, maar verskeie plaaslike mediahuise beskryf dit as ‘n godsdiensgroep.