Splinternuwe vrouekampioen vandag op Wimbledon gekroon

Tennis: ‘n Splinternuwe vrouekampioen word vandag op Wimbledon gekroon. Die derde gekeurde Ons Jabeur van Tunisië het haar goeie vertonings die afgelope ruk voortgesit, om vir die eerste keer vir die eindronde van die gesogte grasbaantoernooi te kwalifiseer. Jabeur kom te staan teen die Russies-gebore Elena Rybakina van Kazakstan, wat 17de gekeur is. Sy het verras deur die kampioen van 2019, Simona Halep van Roemenië, uit te skakel. Die wedstryd begin vanmiddag om drie-uur.