Afrika verloor N$525 miljard weens klimaatsverandering

Die president van die Afrika Ontwikkelingsbank-groep, Akinwumi Adesina, sê Afrika verloor elke jaar tussen 118 en 252 miljard Namibiese dollar weens klimaatsverandering. Hierdie syfer sal na verwagting teen 2030 tot 843 miljard dollar styg. Nege uit die tien lande wat die kwesbaarste is vir klimaatsverandering, is in Afrika, maar hulle verteenwoordig slegs sowat vier persent van die wêreldwye koolstof-vrystellings. Adesina sê 67 persent van die bank se totale klimaats-finansiering word vir klimaats-aanpassing beskikbaar gestel.