Vermeende kokaïensmous het glo ook N$700 000 in Brasiliaanse valuta in sy bagasie

Die Suid-Afrikaanse burger, die 44-jarige Michael Mpangala, wat van die onwettige handel in kokaïen ter waarde van meer as 5 miljoen Namibiese dollar aangekla is, het glo ook Brasiliaanse valuta ter waarde van 700 000 Namibiese dollar in sy bagasie gehad. Hy het in die Katutura-landdroshof in Windhoek verskyn en sy saak is tot 16 Januarie uitgestel vir ‘n formele borgtogaansoek. Mpangala is op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe buite Windhoek met kokaïenpoeier van meer as 10 kilogram glo in sy bagasie in hegtenis geneem. Die beskuldigde het van Brasilië af gekom het om glo die dwelms op Okahandja af te lewer. Hy word deur die Windhoekse Kadhila Amoomo verteenwoordig.