Dodetal van Boksburg se gastenkwa-tragedie styg tot 36

Die Gautengse gesondheidsdepartement sê die dodetal van Oukersdag se verwoestende gastenkwa-ontploffing in Boksburg het tot 36 gestyg en minstens 48 beseerdes is steeds in die hospitaal. Die gastenkwa het onder ‘n brug vasgery en later ontplof. Twee mense word steeds vermis. Die Padverkeers-bestuurskorporasie wil steeds hê die bestuurder moet aanspreeklik gehou word. Die 32-jarige man is aanvanklik vir ondervraging in hegtenis geneem, maar later op  waarskuwing vrygelaat, hangende verdere ondersoeke. Hy is vir etlike dae bewaak weens doodsdreigemente.