Vermeende kinderverkragter en moordenaar bly in aanhouding

Die 88-jarige Gustav Willem wat van die verkragting en moord op ‘n drie-jarige meisie aangekla word, het in die landdroshof op Ondangwa verskyn en en hy bly in aanhouding. Sy saak is tot 3 April vir verdere polisieondersoek uitgestel. Willem, ‘n inwoner van die Okahanya-nedersetting in die Onyaanya-gebied in die Oshikoto-streek, het glo die meisie verkrag waarna haar toestand weens haar ernstige beserings oornag verswak het. Haar ouma het haar die volgende oggend na die naaste kliniek geneem, maar die meisie is met haar aankoms dood verklaar. Die verpleegsters het die saak by die polisie aangemeld.