Kapenaars moet water spaar

Stad Kaapstad het ‘n beroep op sy inwoners gedoen om hul daaglikse waterverbruik tydelik te verminder tot gesamentlik 850 miljoen liter. Dit sal die stad help om die negatiewe uitwerking te bowe te kom wat beurtkrag op sy betroubare watervoorsiening het. Die waarnemende burgemeesters-komiteelid vir water en sanitasie, Siseko Mbandezi, sê die stad het verlede jaar onder-normale reënval gehad en hulle kan vanjaar weer minder reën as gewoonlik ontvang.