Gautengse polisie op soek na vuurwapeneienaar

Die polisie in Gauteng het ‘n soektog van stapel gestuur na die eienaar van ‘n plaas by Kliprivier nadat sy vuurwapen verbind is met die verbyry-skietery op Oujaarsaand in 2019 by die Poppy’s-restaurant in Melville in Johannesburg. ‘n Woordvoerder, Athlenda Mathe, sê die polisie wil die skuldige aan die lig bring vir die voorval waarin twee mense doodgeskiet en talle gewond is.