Vermeende Kapofi-dief het blykbaar voorheen gesteel

Owen Mahoto, wat daarvan beskuldig word dat hy 200 000 Namibiese dollar gesteel het by die minister van verdediging Frans Kapofi, sê hy is nie ‘n vlugrisiko nie. Hy sê hy was deurentyd in kontak met die polisie na hy na bewering Kapofi bedrieg het deur homself as bankamptenaar voor te doen op 24 Augustus vanjaar. Maar, die staat sê hy is geneig om die tipe misdaad te pleeg na hy blykbaar net meer as 22 200 dollar by die Weinberg-hotel gesteel het. Die staat sê hy het ‘n bedrieglike bewys van betaling opgetrek en aan die hotel aangebied. Die twee sake is nou saamgevoeg. Die saak is deur landdros Naomi Canniffe in die Windhoek-landdroshof tot 7 Desember uitgestel en sy het hom daaraan herinner dat hy ‘n formele borgaansoek kan bring. Hy is die week aangekeer by sy ouma se huis is Khomasdal waar hy sedert die aangeleentheid blykbaar weggekruip het.