NLU verwelkom Schlettwein se volgende stappe oor uraan-eksplorasie

Die Namibiese Landbou-unie is dankbaar dat die landbouminister Calle Schlettwein die kwessie van uraan-eksplorasie in die Stampriet-bekken na die kabinet sal neem vir oorweging. Hy sê die akwifer is uiters belangrik en word deur die eksplorasie bedreig. Die minister sê Namibië kan nie bekostig om sy waterbronne te besoedel nie. Die president van die Landbou-unie, Piet Gouws het sy reaksie so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.