Thunbreg sê hoop moet verdien word

Die klimaataktivis Greta Thunberg sê ons moet die illusie laat vaar dat politici tot die redding van die planeet sal kom, veral diegene wat hulself klimaatleiers noem. Sy sê keer op keer het hulle die vertroue wat in hulle geplaas is, verraai. In haar mening moet hoop vir die toekoms verdien word deur daadwerklike aksie en stappe om aardverwarming om te keer.