Vermeende Kapofi-bedrieër verskyn weer vandag

Owen Mahoto, wat daarvan beskuldig word dat hy 200 000 Namibiese dollar gesteel het by die minister van verdediging Frans Kapofi, verskyn weer vandag in die Windhoek-landdroshof. Hy het hy na bewering vir Kapofi bedrieg deur homself as bankamptenaar voor te doen op 24 Augustus vanjaar. Volgens berigte is Mahoto geneig om die tipe misdaad te pleeg na hy blykbaar net meer as 22 200 dollar by die Am Weinberg-hotel gesteel het. Die staat sê hy het ‘n bedrieglike bewys van betaling opgetrek en aan die hotel aangebied. Die twee sake is nou saamgevoeg. Mahoto is op 25 November op borgtog van 5 000 Namibiese dollar vrygelaat.