Besprekings in die Noorde lyk die beste in meer as twee jaar

Die feesstemming is besig om in te skop en Namibiërs is gereed om na die uithoeke van die land te reis. Kosmos 94.1 Nuus het by die Ongwediva-dorpsraad uitgevind hoe lyk verblyf-besprekings gedurende Desember-vakansie vir die Noorde. Woordvoerder van die dorpsraad, Jackson Muma, sê hoewel hierdie tydperk nie so besig is soos tydens die Ongewdiva Handelskou nie, is die feesseisoen steeds ‘n besige tyd met die gasvryheidsbedryf wat goeie sake doen. Hy sê in die meeste gevalle trek die dorp voordeel uit reisigers wat verbykom en verder Noord na plekke soos die Epupa-valle by Ruacana reis.