Vermeende Covid-toets-bedrieër soek borg

Die Verenigde Nasies sê droogte kan binnekort ‘n volgende pandemie word. Luidens die VN se Wêreldwye Peiling oor die Vermindering van Ramprisiko kan tot 700 miljoen mense teen 2030 weens droogte gedwing word om ‘n gebied te verlaat. Die verslag noem dat 129 lande binne die volgende 80 jaar droogte kan ondervind net weens klimaatsverandering en 38 lande weens die wisselwerking tussen klimaatsverandering en bevolkingsaanwas. Die VN het versoek dat faktore wat tot droogte aanleiding kan gee, onmiddellik verminder word om lewens te beskerm.