Vermeende beesdief in Noorde uiteindelik vasgetrek 

‘n Vermeende beesdief is in die Noorde in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese polisie is hy ‘n ou kalant wat gereeld bees gesteel het, maar tydens sy laaste rooftog het hy agt beeste gesteel en sy Moses teëgekom. Die klaer in die veediefstalsaak is die 55-jarige Immanuel Ashipala. Al agt beeste ter waarde van 61 500 Namibiese dollar is teruggevind en die vermeende veedief is uiteindelik in hegtenis geneem. Die verdagte het gereeld toegeslaan in die Omagalanga-nedersetting naby Oshikuku in die Omusati-streek.