DA sê nuwe OVK-voorsitter moet regruk

Die DA neem kennis van die aanstelling van Mosotho Moepya as nuwe voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, nadat die pos vir ses maande vakant was. Die party het ook opgemerk dat President Cyril Ramaphosa sy verwerping van die heraanstelling van Glen Mashinini oorweeg het. Die DA-lid, Angel Khanyile, sê dit was weens die OVK se mislukkings onder sy toesig en verskeie uitdagings in die vorige jaar se verkiesing.

https://iframe.iono.fm/e/1240975