Verloor is nie ‘n opsie vir Putin nie

Die Britse afgetrede lugmaarskalk Sean Bell sê Russiese President Vladimir Putin het vandag spesifiek gekies om sy land toe te spreek omdat die Algemene Vergadering van die VN bymekaar is. Putin het gesê sy reserwe troepe sal weer mobiliseer. Bell sê ‘n mislukking is nie ‘n opsie vir Rusland nie.