Maimane stel sy nuwe politieke platform Saterdag bekend

Die aktivis van die One SA-beweging, Mmusi Maimane, gaan Saterdag op Erfenisdag in Naledi, Soweto ‘n nuwe politieke platform bekendstel wat in 2024 op die stembrief sal verskyn. Dit is die eerste keer dat hy in ‘n verkiesing staan sedert hy in 2019 as DA-leier bedank het. OneSA se woordvoerder, Mudzuli Rakhivhane, sê Maimane gaan onder die vaandel van die liggaam deelneem en die beste gemeenskaps-kandidate uitsoek om by hom aan te sluit om aan die algemene verkiesing deel te neem.