Resessie in 2023? Ons is sedert 2016 in ‘n resessie!

Reaksie word ontvang op kommentaar deur ekonome wat meen Namibië sal nie ‘n resessie volgende jaar, soos deur die Wêreldbank voorspel, kan vryspring nie. Namibië is in werklikheid sedert 2016 in reeds in ‘n resessie, nog lank voor Covid en die chaos van Putin se oorlog in Europa veroorsaak het. Eben de Klerk van die Ekonomiese Beleidsnavorsing-vereniging sê daar is nie eers genoeg groei om tot by die swak vlakke voor Covid te kom nie.