Verligting vir SA petrolgebruikers verwag

Aanduidings is dat die prys van petrol in Suid-Afrika Woensdag met sowat een Suid-Afrikaanse rand per liter kan daal. Die jongste inligting van die Sentrale Energiefonds toon egter diesel-gebruikers kan ‘n prysverhoging van tussen 10 en 15 sent per liter verwag. Die verswakking van die rand is getemper deur ‘n baie laer olieprys. Brent-ruolie het tot sowat 85 Amerikaanse dollar per vat gedaal nadat dit tot 123 dollar gestyg het ná Rusland se inval in Oekraïne in Februarie.