SMEs Compete: Werk saam vir ekonomiese ontwikkeling

Talle organisasies is in Namibië gestig wat ekonomiese ontwikkeling en vryheid wil bevorder. In die afgelope paar maande is Namibië aan verenigings soos die Black Business Leaders Network en Namibia Local Business Association, of te wel Naloba, bekend gestel. Hierdie verenigings is gestig om soortgelyke werk te doen as wat die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid doen, meen die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer. Hy sê dit veroorsaak verdeeldheid en hierdie verenigings moet eerder saamwerk vir ekonomiese ontwikkeling.