EU hef meevallerbelasting op energie-ondernemings

Die Europese Unie het ingestem om noodmaatreëls in te stel om heffings te plaas op energie-ondernemings met rekord-winste. Ministers het ingestem tot meevaller-belasting op sekere ondernemings, asook verpligte besnoeiings in elektrisiteitsgebruik. Die plan sluit ‘n heffing op fossielbrandstof-ondernemings se surplus-winste in, en ‘n heffing op oortollige inkomste gemaak weens stygende elektrisiteitskoste. Die kontant wat ingesamel word, sal na verwagting na gesinne en ondernemings gaan, aangesien Europa gereedmaak vir ‘n moeilike winter as gevolg van die lewenskoste en die druk op wêreldwye energievoorraad.