Verligting: Inflasie sal bly daal in ’23

Sou Simonis Storm se ontleding oor inflasie in die komende jaar reg wees, sal daar wel verligting vir verbruikers wees. Inflasie het in Desember 2022 afgeneem, in ooreenstemming met die firma se mening dat dit wel sal daal. Daar word verwag dat beide goedere en vervoer-inflasie verder vanjaar sal afneem. Die makelaarsfirma sê hy handhaaf sy siening om aanhoudende laer inflasiekoerse in 2023 waar te neem. Dit sluit laer brandstofpryse, en ‘n bestendige Suid-Afrikaanse rand in.