Polisie deel jongste oor menslike oorskot by Walvisbaai

Inspekteur Ileni Shapumba het meer inligting bekend gemaak oor die menslike oorskot wat Sondag in die duine oos van Walvisbaai gevind is. Hy sê die mag ondersoek tans alle leidrade, sowel as berigte dat die oorskot moontlik deel vorm van die gebied wat deur die Topnaars gebruik is as begraafplaas. Hy sê die oorskot kom voor om ouer as agt jaar te wees. Daar is nie enige pottebakkery-goedere, wat kenmerkend van Topnaar grafte is, tot op hede gevind nie. Shapumba het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.