NamRA verduidelik salarisaftrekkings vir uitstaande belastinggeld

NamRA sê sy belange lê nie by kriminele sake nie maar eerder om die fondse wat die regering toekom, te verkry. Dit volg na die agentskap meer as 800 belastingbetalers wat betrek is by ‘n bedrogspul van 104 miljoen Namibiese dollar, se salarisse geteiken het. Die agentskap het nie ‘n hofbevel, of die salaristrekker se toestemming nodig om fondse in te win deur salarisaftrekkings nie. Daar is ook 48 kriminele klagte by die polisie gemaak. Volgens NamRA se hoof van kommunikasie Steven Ndorokaze sê hulle sal voortgaan om salarisse te teiken tot alle uitstaande belasting, wat aan die staat verskuldig is, betaal is. Hy verduidelik.