Verliese oor beurtkrag? Jy kan regstappe neem…

ʼn Suid-Afrikaanse regskenner, Roulton Ballack, sê verbruikers kan regstappe doen vir verliese as gevolg van beurtkrag. Kliёnte wat elektrisiteit regstreeks by Eskom koop, kan die nutsmaatskappy hof toe neem vir kontrakbreuk. Eskom sal dan waarskynlik moet bewys beurtkrag is nie onregmatig of die gevolg van nalatigheid nie. Ballack waarsku egter dis belangrik vir verbruikers om regskoste in gedagte te hou aangesien dit hoër kan wees as die skadevergoeding wat geëis word: