US$250m se Covid-korrupsie in VSA ontbloot

Die Amerikaanse Departement van Justisie het 47 mense in Minnesota aangekla in verband met ‘n Covid-19-bedrogskema van 250 miljoen Amerikaanse dollar of, 4,425 miljard Namibiese dollar. Hulle was na bewering deel van ‘n skema om geld van ‘n federale program te steel wat tydens die pandemie kos voorsien het aan kinders uit lae-inkomstegroepe. ‘n Organisasie sonder winsoogmerk, Feeding Our Future, word beskuldig dat hulle die skema gekoördineer het. Die departement sê die verdagtes het die inisiatief uitgebuit waardeur privaat restaurante fondse kon eis om voedsel onder borgskap van die nie-regeringsorganisasies te versprei.