Aansoeke vir kwota vir Norweë is oop

Die Vleisraad van Namibië sê aansoeke vir die uitvoer van beesvleis na Noorweë is oop. Die kwota van 1 600 metrieke ton is beskikbaar vanaf Januarie tot Desember volgende jaar. Volgens die Vleisraad sal net organisasies wat goedgekeur is vir produksie en uitvoere na Noorweë in aanmerking kom. Die kwota is uiters belangrik vir die Namibiese landboubedryf en het in 2021, 520 miljoen Namibiese dollar in inkomste gegenereer. Die kwota word om die helfte met Botswana gedeel maar daar is ‘n algemene voorkeur van 2 700 ton vir Namibië uit die totale 3 200 kwota. Namibië het verlede jaar van Botswana se kwota gevul toe die buurland net 865 ton kon voorsien.