Verlies aan kankerkenner veroorsaak deur hospitaalbestuur

Die DA in Gauteng sê dr Carol Benn se bedanking van die Borskankerkliniek in die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg is nie goeie nuus vir pasiënte nie. Pasiënte het vir baie jare baat gevind by haar kundigheid en deernis. Die DA-lid, Jack Bloom, is bekommerd dat sy na 17 jaar se uitstekende diens weg is weens onopgeloste kwessies met die hospitaalbestuur: