As die Eagles wen, is hulle deur…

Sri Lanka het sy plek in die Super 12’s van die T20-Wêreldbekertoernooi in Australië verseker met ‘n oorwinning oor Nederland. Kusal Mendis het 79 van 44 balle gemoker toe Sri Lanka 162 vir ses aangeteken het in Geelong. Die Nederlanders is daarna beperk tot 146 vir nege, ondanks Max O’Dowd se onoorwonne 71. Wanindu Hasaranga de Silva het drie paaltjies geneem en Sri Lanka het met sestien lopies gewen. Namibië speel tans teen die Verenigde Arabiese Emirate in die laaste Groep A-wedstryd. As Namibië wen, vorder hulle tot in die Super 12’s en as hulle verloor, sal Nederland kwalifiseer. Die Verenigde Arabiese Emirate het teen rustyd 148 vir 3 behaal.