Australië se besluit oor Wes-Jerusalem plaaslik verwelkom

Die Namibiese ministerie van internasionale betrekkings het in ‘n verklaring die besluit van die Australiese regering, om nie langer Wes-Jerusalem as die hoofstad van Israel te erken nie, verwelkom. Die nuwe premier, Anthony Albanese, het onlangs die aankondiging gemaak. Penda Naanda, die uitvoerende direkteur in die ministerie, sê Jerusalem is een van die kernkwessies vir die konflik tussen Israel en Palestina en Namibië beklemtoon weer sy ondersteuning vir Palestina en ‘n twee-staat oplossing vir die gebied.